Monday, July 17, 2017

Aus toe!!

Ons het vanoggend 5:40 gery, 6:40 in Suid-Afrika  ; )     Ons het twee zebras langs die pad gesien verbystap.  Ons het ook 'n springbok en 'n paar volstruise gesien. Dit is baie droog en warm hier; die diere het nie veel om te eet of drink nie. Ons het baie wilde perde gesien!!!!  



  Hulle was pragtig!  Daar was ook 'n paar gemsbokke en springbokke. Die diere was nogal maer gewees, want hier is amper niks gras nie. Dis pragtig hier net buite Aus. Daar is baie berge en klippe dit lyk bietjie soos 'n woestyn.  





Ons het deur Aus gery en middagete by Luderitz gaan eet. Oppad Luderitz toe het ons eers gaan kyk na die watergat. Dit was vreeslik droog gewees en die perde is nogal maer. Ons het twee volstruise, vier gemsbokke en drie perde gesien drink!!!





 Dit is baie winderig in Luderitz so langs die see. Die water is so 'n groen-bruin kleur.
 Ons is toe weer terug Aus toe om te braai. Ek, Althea en Thys het weer 'n berg geklim en die sonsondergang van daar bo af gekyk.  Pappa en Mamma het ook so halfpad geklim. Die berg was 'n goud-geel kleur toe ons weer afklim; dit was asemrowend!!!!







Monday, July 10, 2017

Ai-Ais

Ek, Althea en Pappa het vannogend in die Canyon gaan draf. Dit was vreeslik mooi gewees so terwyl die son opkom.



  Toe het ons ontbyt geëet en gaan bergklim.  Dit was asemrowend gewees.  Ek, Althea en Thys het verskriklik hoog geklim: tot heelbo op die berg. 








Dit was ongelooflik lekker gewees.  Daarna het ons 'n rukkie gaan slaap en boeklees. Toe ons klaar gerus het, het ons almal in die WARM swembad gelê. Dit is 'n warmbron wat uit die aarde uitkom.  OP die warmste plek is dit 65 grade selsius!!!! Ons het tow 'n lekker vuurtjie gemaak en kos gebraai: braaibroodjies, sampioene en vleis. Dit was 'n heerlike dag gewees.

Ai-Ais toe

Ons het 8:00 vanoggend gery. Dit was nie gisteraand vreeslik koud gewees nie, net 'n bietjie "chilly."  Die naglug was pragtig gewees met miljoene sterre.

Langs die pad is daar vreeslik baie versamelvoëlneste, en hulle is HUGE!!!!!  Van die telefoon drade het tot omgeval.

Ons het 10:15 deur die grenspos gegaan. Nou 10:30 is ons in Namibië.


 Ons het 3:00 hier in Ai-Ais aangekom en eers ons kampie opgeslaan.




Die tyd is 'n uur voor ons s'n, so as dit in Namibië 3:00 is, is dit in Suid-Afrika 4:00. Ons het 'n lekker vuurtjie gemaak en kudu steak gebraai, dit was vreeslik lekker.

Upington toe!

Ons het 6:00 vanoggend gery by die huis.  Dit was 5 grade celsius!  Die krag in die Bobo wou nie gewerk het nie, so toe moes ons eers na die elektrisiën toe gaan maar hy het dit darem vinnig reggemaak.

Daar was baie mielieplase langs die pad, en 'n paar diere.  Daar was ook 'n klompie sonneblomplase.  Langs die pad naby Kuruman Hills het ons 'n selfoontoring gesien wat lyk soos 'n windpomp en die krag "storage" was die dam!


Daar was ook 'n klomp myne naby Kathu; die grond was vreeslik rooi en dit het die pad en die bome 'n donkerrooi skynsel gegee. tusen Olifantshoek en Upington is daar net "plat"-teland.

By Upington! Na 12 ure se ry is uiteindelik hier!! Ons het bietjie te laat hier aangekom om 'n vuur te maak, so ons het sommer Kentucky geëet. Dit is skoon en netjies hier by Kalaharie Montana.